Our 10 Plans

View our plans in: English, Afrikaans or isiZulu

1. Transito Rooftogte

Vir ons eerste idee, kyk ons na ‘n ander manier om transito rooftogte hok te slaan. Meeste mense dink dat beter polisieëring en veiliger voertuie die antwoord is. Ons dink die oplossing is baie meer eenvoudig. Kyk ons video en vind uit hoe!

2. Die Verydeling van Minerale Rykdom

Ons tweede idee handel oor hoe om die probleem van Verydeling van Minerale Rykdom op te los. BLSA CEO Bonang Mohale het aan Cliff Central gevra waarom ons ons goud en diamante na Sjina en Indië uitvoer in plaas daarvan om dit self in juweliersware te omskep. Die antwoord, en die manier om dit reg te stel, is eintlik eenvoudig. Kyk ons video en vind uit!

3. Onderwys

Video nommer 3 kyk na onderwys. Ons het baie planne om onderwys reg te maak. Dit is ons eerste plan en dit is vinnig, eenvoudig en goedkoop. Kyk om uit te vind hoe, en onthou om die video te deel!

4. Vermeerdering van Toerisme

Video 4 kyk na die vermeerdering van toerisme, hoofsaaklik vanaf die res van Afrika. Dit is eenvoudig, dit is verseker, en dit kos niks. Om uit te vind hoe, kyk die video en onthou om dit te deel!

5. Verbeterde Polisiëring

Ons is almal bewus van die feit dat polisiëring in ons land ‘n gemors is. Maar daar is klein dingetjies wat ons kan doen om dinge beter te maak. Soos meeste van ons idees is dit eenvoudig, en kos dit niks. Kyk die video om uit te vind hoe, en deel asseblief gerus!

6. Skool Toilette

Kinders sterf in put toilette by skole landswyd. Ons het geen verskoning vir waarom hierdie probleem nie aangespreek word nie. Kyk die video om uit te vind hoe, en deel asseblief gerus!

7. Geweld Teen Vroue

Elke jaar loods ons regering ‘n “16 Dae van Aktivisme teen Geweld Teenoor Vroue en Kinders” veldtog. Miljoene word daarop spandeer, maar die getal vroue en meisies wat aangerand, verkrag, en vermoor word vermeerder elke jaar. Ons het ‘n werkbare oplossing. Kyk asseblief die video en deel dit.

8. Matriek Uitsakkers

Elke jaar val meer as ‘n half-miljoen leerders uit die skool uit voordat hulle matriek skryf. Die regering het geen benul oor waarom dit gebeur nie. Ons verduidelik waarom, en hoe om dit reg te stel.

9. Hoe om die dwelm probleem op te los

Onwettig dwelms vernietig ons gesinne en verbrokkel ons samelewing. Waar dwelms ‘n probleem raak, vermeerder geweldsmisdaad soos rooftogte en moorde. Ons het ‘n plan om dit reg te maak.

10. Die Regmaak van Maatskaplike Welsyn

Daar is tans meer Suid-Afrikaners wat afhanklik is van welsyns toelae as wat werk het. Elke jaar vermeerder die getal mense wat werkloos is teen ‘n vinniger tempo as die wat werk. Ons kan nie langer welsyns toelae bekostig nie. Hoe beredder ons die situasie? Kyk ons video. En onthou om dit aan te stuur aan soveel mense moontlik.